Pikkewyn van Antarktika swem 3 000 km ver na Nieu-Seeland

’n Pikkewyn het aan die kus van Nieu-Seeland beland, minstens 3 000 kilometer weg van sy natuurlike habitat in Antarktika. Die Adélie-pikkewyn, wat plaaslike inwoners liefdevol Pingu gedoop het, is gevind toe hy verlore gelyk het op die strand. Dit is slegs die derde aangetekende voorval van ‘n Adélie-pikkewyn wat aan Nieu-Seeland se kus gevind is. Hy ontvang vloeistowwe en word gevoer met ‘n voedingsbuis. Die voël sal mettertyd op ‘n veilige strand op die Banks-skiereiland vrygelaat word, waar geen honde is nie.