Ekoloog: Olifantsensus in Kaza gaan bestuur verbeter

‘n Namibiese ekoloog het gereageer op die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied, Kaza, wat volgende jaar met sy olifant-lugsensus gaan hou om te bepaal hoe groot die olifantbevolking werklik in die gebied is. Die regerings van Namibië, Botswana, Angola, Zambië en Zimbabwe, wat deel is van Kaza, gaan in Julie 2022 met die lugsensus begin wat vir vier maande gaan duur. Volgens ‘n verklaring van Kaza gaan die opname drie miljoen Amerikaanse dollar kos en ‘n oppervlak van sowat 520 000 vierkante kilometer beslaan. Dr. Peter Cunningham sê dit is belangrik om te weet hoeveel olifante daar is om sodoende die bevolking van die grootvoete in Kaza te bestuur.