Bipa-verklarings… dis vir gryslys verwydering

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, sê dat besighede traag is om hulle voordelige eienaarskap-verklaringsvorms by die owerheid op te dateer en in te handig, soos wat hulle verplig is om te doen. Nog net 40 000 van Namibië se 218 000 geregistreerde besighede het hulle besigheidsvorms opdateer. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels oor hoe nie-nakoming van Bipa se opdrag Namibië se posisie op die gryslys sal beïnvloed.