Spacey kry onvoorwaardelike borg in Londen

Akteur Kevin Spacey is onvoorwaardelike borg vanoggend in die Westminster-landdroshof toegestaan. Hy het verskyn op klagte dat hy ‘n persoon sonder toestemming in seksuele aktiwiteite laat deel het. Die polisie sê die beweerde aanrandings het tussen Maart 2005 en April 2013 plaasgevind. Vier hiervan was in Londen en een in Gloucestershire. Een man wat nou in sy veertigs is en twee in hul dertigs was hierby betrokke. Hy is nie gevra om te pleit nie en sal weer op 14 Julie voorkom.