Sopkombuis in Havana vra vir kosskenkings

Die Ebenezer-sopkombuis in die Havana-informele nedersetting in Windhoek voed honderde minderbevoorregte kinders en skenk ook sanitêre doekies aan meisies wat dit nie kan bekostig. Martha Festus stigter van die liefdadigheidsorganisasie, Porridge Storage, het ‘n beroep op enige barmhartige Samaritane of korporatiewe maatskappy gedoen om hul organisasie by te staan met enige kos of fonds, om ononderbroke voort te gaan met hul werk. Kos is toenemend buite bereik vir baie Namibiërs, aangesien inflasie die pryse van basiese benodighede opjaag in ‘n land waar, volgens die VN se Kinderfonds, 43,3 persent van die bevolking reeds in armoede leef.