Liggaam van 10-jarige Viëtnamese seun ná dae in betonpilaar gevind

Die tienjarige Viëtnamese seuntjie is dood gevind nadat hy op Oujaarsaand in ‘n betonpilaar ingeval het. Ly Hao Nam het blykbaar skrootmetaal gesoek toe hy in die pilaar van 35 meter diep en 25 sentimeter breed op ‘n brug-bouperseel in die Mekong-delta beland het. Reddingswerkers het suurstof in die pilaar ingepomp om sy lewe te probeer red, maar hy het sedert Maandag nie gereageer nie. Sowat 100 soldate en meganiese toerusting is tevergeefs vir die reddingsoperasie ontplooi.