Namibiese ekonoom: Moeilike tye kom

Vir ‘n groot deel van 2023 gaan dit ‘n moeilike jaar vir die wêreldwye ekonomie wees. Volgens die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, sal die groot ekonomieë van globale groei, Amerika, Europa en China, se ekonomieë verlangsaam. Sy sê die nuwe jaar gaan moeiliker wees as die jaar wat ons agterlaat het. Daar word verwag dat een derde van die wêreld-ekonomie in ‘n resessie sal wees. Namibiese ekonoom Gabriel Erastus, gee sy reaksie en of Namibië dieselfde gaan ervaar.

Erastus sê dat Namibië op die moeilike tye moet voorberei.