Solidariteit neem ANC-regering hof toe oor ramptoestand

Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit sê hy ontmoet die regering op 20 April in die hof oor die opheffing van die ramptoestand. Die uitvoerende hoof, Dirk Hermann, sê daar bestaan geen rede meer vir die ramptoestand om voort te gaan nie. Hy sê die redes wat die toestand vereis het, bestaan nie meer nie en daarom moet dit ook tot ‘n einde kom. Hy glo die hofdatum sal Suid-Afrikaners hoop gee dat die einde van die ramptoestand in sig is.