Zelensky vra vir onmiddellike EU-lidmaatskap

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het die Europese Unie versoek om onmiddellik lidmaatskap aan sy land toe te staan terwyl Rusland se inval van die pro-Westerse land sy vyfde dag betree. Hy sê Oekraïne se doel is om saam met alle Europeërs te staan en bowenal op gelyke voet te wees. Zelensky beweer 16 kinders het binne die eerste vier dae na Moskou se inval gesterf en 45 is gewond.