Sokker: Man United klop Chelsea

Sokker: Manchester United het opgeskuif na die derde plek in die Premierliga en hulle plek in volgende seisoen se Kampioeneliga bespreek. Dit volg nadat hulle Chelsea met 4-1 op Old Trafford verslaan het. Casemiro het die gashere se eerste doel aangeteken terwyl Anthony Martial die voorsprong aan die einde van die eerste helfte verdubbel het. Bruno Fernandes het met ‘n strafdoel  geslaag terwyl plaasvervanger Marcus Rashford die vierde doel bygevoeg het.  Joao Felix van die Blues kon darem ‘n doel as troosprys vir sy span aanteken. Bestuurder Erik ten Hag sê dis belangrik vir ‘n groot klub soos United om ‘n plek in die Kampioeneliga te verseker.