Sowat 1 000 mense gaan werk verloor by First Republic Bank

Die Wall Street-reus, JPMorgan Chase, gaan sowat 1 000 mense aflê by die Amerikaanse uitlener, First Republic Bank. Die betrokke werknemers sal betaling en voordele vir 60 dae ontvang, asook ‘n pakket wat ‘n eenmalige betaling en ander voordele insluit. Dit was ‘n onstuimige paar maande vir First Republic Bank waar byna twee miljard Namibiese dollar se deposito’s uit die bank onttrek is nadat Silicon Valley Bank in Maart ineengestort het. Reguleerders het aan die begin van die maand op die bank beslag gelê en gereël dat dit aan JPMorgan Chase verkoop word.