Toename in uiterste weersomstandighede in SA

Reënval het die afgelope 50 jaar toegeneem in dele van Suid-Afrika. Volgens navorsing van die Universiteit van Pretoria, het die land ‘n toename in die erns van uiterste weersomstandighede ondervind. Die navorsing dui op ‘n hoër voorkoms van uiterste weerstoestande, insluitend swaar reënval, droogte sowel as hoë en lae temperature wat afwyk van die gewone geskiedkundige patrone. Mede-professor Liesl Dyson verduidelik die bevindings kan plaaslike owerhede help om gemeenskappe meer doeltreffend te ondersteun.