Namibiese mynbousektor woon Afrika Mynbou Indaba in Kaapstad by

Die Namibiese ministerie van myne en energie sal die Afrika Mynbou Indaba bywoon wat vanaf môre tot Donderdag in Kaapstad, Suid-Afrika plaasvind. Die Namibiese afvaardiging, onder leiding van minister Tom Alweendo, sal Namibië se beleggings-vooruitsigte in die mynbou-sektor aanbied deur middel van ‘n reeks sake-vergaderings wat môre plaasvind. Die Namibiese afvaardiging bestaan uit entiteite wat die openbare en private sektor verteenwoordig, naamlik die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Bipa, Epangelo Mining Company, BW Energy, Osino Resources, Andrada en die Kamer van Mynwese.