Slimtrekker bekendgestel

‘n Nuwe landbou-tegnologie-onderneming in Silicon Valley, Amerika, het die wêreld se
eerste enkel-eenheid ten volle elektriese bestuurder-opsionele slimtrekker bekend
gestel. Die Monarch-trekker kan data verwerk wat opgeneem is terwyl die toerusting
gebruik word, en voorsien dan langtermyn ontleding van die grond se gesondheid en
verbeter so algaande die akkuraatheid. Die maatskappy sê die trekker kan gebruik word
om kwessies soos arbeidstekorte, die uitwerking van klimaatsverandering, werker-
veiligheid en regerings-regulasies oor sake soos koolstofemissies die hoof te bied.
Produksie behoort teen einde vanjaar te begin.