Minister wens fietsryers alles van die beste toe

Fietsry: Die Suid-Afrikaanse minister van Sport, Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, het
sy beste wense aan die Suid-Afrikaanse Wêreld-fietsryspan oorgedra wat vir die
sewende keer aan die Tour de France deelneem wat vandag begin. Die byeenkoms,
wat uit 21 daglange skofte bestaan en oor 23 dae strek, eindig Sondag die 18de Julie.
Suid-Afrika se span bestaan uit agt jaers, waaronder Nicholas Dlamini, ‘n jaer wat in
Kaapstad gebore is en geskiedenis maak as die eerste swart fietsryer wat aan die
108ste Tour de France deelneem.