Slegs sewe Covid-pasiënte in hospitale

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Opuwo-distrik aangemeld, asook vier nuwe gevalle uit 706 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. Daar is nou 459 aktiewe gevalle, waarvan sewe in hospitale is en niemand meer in intensiewesorgeenhede nie. Altesaam 268 541 mense is ten volle ingeënt. Die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.