Groot pryse te wen met Kankervereniging se appelbak-kompetisie

Die Kankervereniging van Namibië nooi al die bobaas-bakkers uit om deel te neem aan die appelbak-kompetisie wat op Saterdag 13 November in Windhoek plaasvind. Groot pryse is op die spel. Volgens die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen, kon hierdie gewilde bakkompetisie nie verlede jaar weens die Covid-pandemie plaasvind nie.