Indonesië teel nou Komodo-drake

‘n Dieretuin in die Indonesiese stad Surabaya het begin om Komodo-drake te teel in ‘n poging om dié diere van uitwissing te red. Die reuse-drake kom slegs op ‘n paar eilande van Indonesië voor en stygende seevlakke bedreig die eilande.