Franse President bel Putin en Zelensky

President Emmanuel Macron van Frankryk het vandag nog ‘n telefoongesprek van 90 minute met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gevoer. Dit is hulle derde gesprek sedert die inval in Oekraïne. ‘n Assistent van Macron het anoniem aan die media gesê die Franse leier het daarna ook Oekraïne se president, Wolodimir Zelensky, in Kiëf geskakel. Die Sweedse meubelvervaardiger Ikea het intussen aangekondig hy skort sy bedrywighede in Rusland en Belarus op. Dit raak byna 15 000 werknemers, 17 winkels en drie produksieterreine.