Dis Internasionale Fetale Alkoholsindroom Bewustheidsdag

Op 9 September elke jaar word Internasionale Fetale Alkoholsindroom Bewustheidsdag oral in die wêreld herdenk, en klokke lui in die oggend nege minute oor nege in elke tydsone. In Namibië is statistieke in die verband nie bekend nie maar dit is wel ‘n uitdaging. Die Suid-Afrikaanse adjunkminister vir maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zuma, het die 999-FAS-veldtog vroeër die maand bekendgestel wat daarop gemik is om gemeenskappe op te voed oor die gevare van drink tydens swangerskap of borsvoeding. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste, Zahid Badroodien, sê dis belangrik om te besef die sindroom is permanent: