Skatryk ‘profete’ is dieselfde as politiek

Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n selfverklaarde Zimbabwiese profeet Passion Java 1,3 miljoen Namibiese dollar op 170 bottels ingevoerde sjampanje en twee kosborde bestee het by ‘n restaurant in Pretoria. Huishoudings regoor die wêreld sukkel met finansiële uitdagings en tog, die profete verdien miljoene. Die bekende maatskaplike en geslagsaktivis Rosa Namises sê dis dieselfde as die politiek, net met ‘n ander naam.