Maree weer vandag in die hof

Die voormalige polisieman en vermeende pedofiel Johann Maree verskyn weer vandag in die Windhoekse landdroshof. Die 50-jarige Maree is in 2020 in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb geplaas en verkoop. Skokkende en onthullende getuienis is tydens sy borgaansoek gelewer en verskeie ondersoekbeamptes, sowel as vermeende slagoffers het verskyn. Sy borgaansoek is verlede jaar op 22 Oktober van die hand gewys. Hy het destyds gesê hy sou appèl aanteken maar niks het daarvan gekom nie.