Robben-eiland bied opsies vir SAOG-inwoners

Die Robben-eiland-museum by Kaapstad sê sy nuutste toerpakket, ‘n staptoer, is nie geskep om SAOG-inwoners uit te sluit nie. Volgens die bestuur is dit in die huidige ekonomiese klimaat moeilik om ‘n balans te kry tussen waarde vir geld en korttermyn-volhoubaarheid. Die museum se woordvoerder, Siphuxolo Mazwi, sê burgers gaan ‘n alternatiewe manier gebied word om die geskiedenis van die vryheidstryd te skets: