Siviele eis teen Dippenaar – hofdatums dalk vandag bepaal

Die siviele eis wat die Duitse burger Antonia Joschko teen Jandré Dippenaar ingestel het is geskeduleer om vandag voor te kom voor regter Shafimana Ueitele. Daar sal nuwe verhoor datums bepaal moet word omdat Joschko se regsverteenwoordiger sê dit is nie duidelik of Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het of nie. Die saak was reeds uitgestel as gevolg hiervan maar Joschko se span sê hulle het verskeie male vir inligting in die verband aangevra maar het geen antwoord ontvang nie. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese doller en net minder as 715 000 euro na die noodlottige ongeluk van 29 Desember 2014 waar sy haar suster en haar ouers verloor het. Dippenaar het ook ‘n strafregtelike saak waar hy verskeie klagte in die gesig staar. Hy het die voertuig bestuur en ses mense is in die ongeluk dood. Daar is onder andere, 6 klagte van moord teen hom. Daardie saak hervat in Oktober vanjaar in die Streekshof in Swakopmund.