Queensland is gasheer vir rugbykampioenskap

Die beheerliggaam Sanzaar het bevestig die res van die Rugbykampioenskap sal in die Australiese staat, Queensland, gespeel word. Die Wallabies en die All Blacks sowel as Suid-Afrika en Argentinië sal oor ‘n tydperk van vier weke kragte meet, tussen die 12de van volgende maand en die tweede Oktober. Die uitvoerende hoof van Sanzaar, Brendan Morris, sê hulle het hulle eie Covid-19 bio-sekuriteitsprotokolle vir toernooie in plek, wat die afgelope twee seisoene tydens die Super Rugby-toernooi goed gewerk het.