GIZ lei houtskoolprodusente op

Die Namibiese handelsministerie gaan in samewerking met die Duitse samewerkingsorganisasie, GIZ, vandag ‘n sertifikaatseremonie vir volhoubare houtskoolproduksie-opleiding hou wat aan 23 Namibiërs van klein- en medium-ondernemings oorhandig sal word. Die geleentheid sal vanoggend tussen elf-uur en twaalf-uur deur die adjunkminister, Michael Humavindu, bygewoon word. Sharon Zaaruka, woordvoerder van die projek en tegniese adviseer, praat met Kosmos 94.1 Nuus.