Sitrus-uitvoere na VSA steeds sterk

Suid-Afrika sal na verwagting voortgaan om in die 2020 – 2021-bemarkingsjaar al meer sitrusvrugte na Amerika uit te voer, aldus ‘n verslag van die Amerikaanse landbou-departement se buitelandse landboudiens. Die verwagte groei word bereken volgens die toename in aangeplante boorde en groter oeste. Die toename sal vermoedelik gedeeltelik benadeel word deur die droogte in die Oos-Kaap en haelskade in sekere produksiegebiede in Mpumalanga. Die belastingvrye uitvoer van alle soorte sitrusvrugte na Amerika het verlede jaar ‘n hoogtepunt van meer as 91 000 metrieke ton bereik.