Slenters vir ongeluk-eisers

Die Motor Voertuig Ongelukkefonds het ‘n waarskuwing aan lede van die publiek uitgereik en sê daar is weer slenters in verband met eisers by die fonds na ongelukke. In ‘n verklaring sê die fonds dat eisers gekontak word en persoonlike besonderhede op die manier bekom. Surihe Gaomas-Guchu, die fonds se hoof van korporatiewe aangeleenthede sê die fonds sal nie telefonies of per epos inligting aanvra nie en het die publiek gemaan om enige vermoedelike gevalle onmiddellik by hulle aan te meld.