Sikunga-viswagters ontvang skenkings

Die Sikunga-viswagters wat visstropers in die Zambezirivier vasvat, bedank Namib Mills wat maandeliks vir hulle mieliemeel skenk. Hulle het ook ‘n skenking van die Nwanyi-visvangklub ontvang nadat hulle aan ‘n visvangkompetisie in die Zambezirivier deelgeneem het. Gondwana se omgewingsbeampte Justice Muhindwa, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy het gevra vir finansiële ondersteuning vir toerusting, kos en salarisse vir die viswagters om hul taak doeltreffend uit te voer.