Ondersoek na Lily-myn weer uitgestel

Action SA sê geregtigheid vir die gesinne van drie mynwerkers is nog ‘n keer uitgestel. Drie mense is in ‘n houer vasgekeer toe ‘n gedeelte van die Lily-myn in Mpumalanga in 2016 ingetuimel het. Die liggame van Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is nooit gevind nie. Die geregtelike doodsondersoek, wat op 9 September sou begin, is tot 1 November uitgestel. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê gesinne wat geraak word, is moedeloos omdat die saak so lank neem om af te handel.