Zuma weier dat staatsdokters hom ondersoek

Die Jacob Zuma-stigting sê dis onnodig dat dokters wat deur die staat aangestel is die Suid-Afrikaanse oudpresident ondersoek, al het sy regsverteenwoordigers ingevolge ‘n hofbevel daartoe ingestem. Zuma se regspan het verlede week ‘n vertroulike mediese verslag ingedien nadat hulle die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingelig het hy is nie medies bevoeg om tereg te staan op aanklagte van korrupsie nie. Suid-Afrikanse media berig Zuma weier dat staatsdokters hom ondersoek en sê hy is moeg daarvoor dat sy bewerings van swak gesondheid in twyfel getrek word. Die saak sal na verwagting op 9 September voortgaan.