Shoprite spreek jaarlikse vermorsing van 10 ton voedsel aan

Suid-Afrika mors na raming jaarliks tot 10,3 miljoen ton kos en drank. Intussen ly 9,34 miljoen mense aan ernstige voedselonsekerheid en daar is onvoldoende toegang tot voedsel in byna 20 persent van die land se huishoudings. Die Shoprite Groep sê in reaksie hierop hy hoop om voedselvermorsing vanuit verskeie hoeke te benader. Volgens die onderneming se volhoubaarheidsbestuurder, Anjeev Raghubir, het Shoprite hulle tot tegnologie gewend: