Rondloperleeu was toe foto op ‘n sak

Die herrie was los in ‘n nedersetting naby die Mount Kenya nasionale park in daardie land toe  ‘n veewagter vermoedelik ‘n leeu tussen bosse gewaar het. Die inwoners het veeverliese gehad en daar was vermoedelik leeus in die gebied. Owerhede is onmiddellik ingeroep en al die inwoners is gesê om binnenshuis te bly. Veldwagters het met wapens aangekom om die inwoners by te staan en almal was op hete kole. Toe daar ondersoek ingestel is, toe is dit ‘n lapsak met ‘n foto van ‘n leeu op wat een van die inwoners daar gebêre het om avokado-pitte uit te droog. Gaan kyk gerus op Kosmos se Facebook-blad vir ‘n foto van die sak…