Shiimi en Kandjoze besoek sakelui van Outapi

Die Namibiese minister van finansies, Iipumbu Shiimi, en die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Obed Kandjoze, is tans in Outapi in die Omusati-streek, en betrek die sakegemeenskap van daardie streek. Die sakemanne en -vroue is ‘n platform gegun om hul menings en bydraes te lewer oor kwessies wat hulle deur die regering aangespreek wil word.