Wes-Kaap gaan ‘n TB-koukus stig

Die Wes-Kaapse wetgewer beoog om ‘n ad hoc-komitee vir tuberkulose in die provinsie te stig. Die komitee sal teen einde Augustus in werking wees, ‘n jaar nadat die Suid-Afrikaanse TB-koukus dit vir die eerste keer voorgestel het. Die koukus glo dit sal hulle in staat stel om voorspraak te maak vir die toekenning van begrotings en om verwante wetgewing te hersien. Daar was ‘n groot aantal TB-gevalle vanaf Julie 2021 tot Junie vanjaar, waartydens 46-duisend-119 pasiënte gediagnoseer is.