Shangula gee voor hy gee om oor hospitaal… dis tipies

Die Affirmative Repositioning-beweging het gereageer op die besoek van die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, aan die Katutura-hospitaal. Shangula het die besoek afgelê na video’s op sosiale media gedeel is met muise wat heen en weer in sale en gange hardloop. Daar is opknappingswerk wat in die noodeenheid aan die gang is maar, die res van die hospitaal kort dringend aandag. Shangula het tydens sy besoek die klem op die opknappings geplaas wat die woordvoerder van die beweging, Simon Amunime, sê glad nie verras nie.