Eerste renoster-bloedoortapping vir baba Duane in Limpopo

Die Renosterweeshuis in Limpopo het geskiedenis gemaak met die eerste bloedoortapping vir ‘n renoster in Suid-Afrika. Die instansie sê in ‘n verklaring Duane het die oortapping nodig gehad nadat hy gediagnoseer is met Theileria, ‘n bloedparasiet wat bosluise aan wild oordra. Dit het ‘n hoë koors, versnelde hartklop en erge bloedarmoede veroorsaak. Die instansie sê Duane se oortapping het sy gesondheid herstel. Duane is bestempel as ‘n dubbele oorlewende nadat hy verlede jaar stropery vrygespring het en nou weer die parasietaanval.