Sewes-afrigter berei voor vir Afrika-toernooi

Die afrigter van die Springbok-sewes se vrouespan, Paul Delport, sê sy span se eerste vertoning in twee jaar by ‘n sewestoernooi het hom goeie insig gegee in gebiede waarop die span moet verbeter. Suid-Afrika het Saterdag aan die Hermanus-sewes deelgeneem waar hulle vyf oorwinnings behaal het oor plaaslike provinsiale spanne en Zimbabwe se nasionale span. Delport sê met die antwoorde wat hy by die toernooi gekry het, maak hy nou gereed om sy span voor te berei vir die Rugby Afrika-sewes: