NBL se verkoop: Dien besware in teen 1 Maart

Die Namibiese Mededingingskommissie vra lede van die publiek wat beswaar wil maak oor die aanbod van Heineken om Namibië Brouerye te koop, om dit teen 1 Maart in te dien. Enige besware moet die kwessie van verminderde kompetisie in die land se bierbedryf aanspreek. Die aankoop van Distell se Namibiese bedrywighede deur die brouery kan ook aangespreek word. Sou die ooreenkoms beklink word sal Heineken beheer hê oor al die produkte van Namibië Brouerye sowel as Distell in die land.