Mynwese herstel goed, dra baie by aan BBP

Mynwese in Namibië het wel uitdagings gehad tydens die pandemie maar, het uiters vinnig herstel en maak ‘n wesenlike bydrae aan die sukkelende Namibiese ekonomie. Daar word verwag die bedryf sal vanjaar met 3 persent groei. Veston Malangu, die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Mynwese het dit so verwoord.