Ses voertuie, 13 bankrekenings op die spel in Amushelelo-saak

Regter Thomas Masuku sal na verwagting vandag die kondonasie-aansoek van die partye in die saak waar die Aanklaer-Generaal beslag wil lê op talle bates van die omstrede belegger en handelaar in buitelandse valuta Michael Amushelelo goedkeur. Die aanklaer generaal het die aansoek gebring in verband met die volgende eiendom: ‘n BMW een-reeks motor, ‘n Range Rover Sport, ‘n drie-reeks BMW, ‘n Audi A4, ‘n Mercedes Benz AMG, en ‘n GWM-bakkie. Die aanklaer-generaal eis ook al die fondse in 13 verskillende bankrekenings. Van die stukke is laat ingedien maar die partye stem ooreen om voort te gaan. Amushelelo is in Oktober saam met sy vennoot Gregory Cloete in hegtenis geneem op klagte van bedrog, geldwassery en meer. Die staat beweer dat hy nie gelisensieer was om meer as 17 miljoen Namibiese dollar van beleggers te ontvang nie.