Niehaus en kie beplan groot optog by Zuma se hofverskyning

Die geskorste ANC-lid Carl Niehaus sê die #FreeJacobZuma-veldtog sal nou meer steun kry nadat President Cyril Ramaphosa versuim het om oudpresident Jacob Zuma te bevry. Zuma dien ‘n vonnis van 15-maande gevangenisstraf uit weens minagting van die hof. Niehaus sê die veldtog se eerste optrede is Dinsdag tydens Zuma se verskyning in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg vir wat hy beskryf as die uiters foutiewe en verdagte verhoor oor die sogenaamde wapentransaksie. Hy sê die veldtog maak gereed vir ‘n groot optrede buite die hof.