Creecy ignoreer Wes-Kaapse wateruitdagings

Die DA in die Wes-Kaap sê hy is baie bekommerd oor die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, se versuim om op te tree oor omgewingsake in die provinsie. ‘n Lid van die DA in die Wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê Creecy dobbel met die provinsie se watersekuriteit. Hy het in Kaapstad daarop gewys dat vyf miljoen kiloliter water verlore gaan weens uitheemse indringerbome. Hy sê dit beklemtoon die noodsaaklikheid dat Creecy aktief met die provinsie moet skakel: