Ses mense dood toe bus in rivier in Spanje land

Ses mense is dood en twee is beseer nadat ‘n passasiersbus van ‘n brug afgery en in die kolkende Lerezrivier in die noordweste van Spanje getuimel het. Twee oorlewendes, die voertuig se 63-jarige bestuurder en ’n vroulike passasier, is deur brandbestryders met ‘n tou uit die rivier getrek. Hulle is met beserings na nabygeleë hospitale geneem. Die bestuurder het negatief getoets vir alkohol en dwelms, volgens ‘n polisiewoordvoerder. ‘n Soek-en-reddingsoperasie rondom die brug is afgehandel, terwyl probeer is om die wrakstukke veilig uit die rivier te herwin.