Krieket: Proteas en Aussies spook sake uit in Melbourne

Krieket: Suid-Afrika het twee vinnige paaltjies verloor net voor middagete op die eerste dag van die tweede toets teen Australië in Melbourne. Die Proteas was op 58 vir vier nadat Sarel Erwee op 18 en Theunis de Bruyn op 12 uitgehaal is. Dean Elgar is vir 16 uitgehardloop en Temba Bavuma het gestap met nog ‘n nulletjie. Kyle Verreyne en Marco Jansen het tot Suid-Afrika se redding gekom, met hul vennootskap wat die telling laat verdubbel het. Die Proteas was met die namiddag-teepouse op 144 vir vyf, danksy Verreyne se onoorwonne 40 en Jansen, se 38 nie uit nie. Die Proteas het uiteindelik 189 lopies vir die verlies van 10 paaltjies aangeteken voor Australië begin kolf het.