September-inflasie is op na 5,4%

Inflasie vir September is op 5,4 persent gemeet. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is dit hoër as die 4,7 persent wat in Augustus aangeteken is maar, steeds laer as die 7,1 persent wat in September verlede jaar gemeet is. Die September-syfer is aangedryf deur voedsel, alkoholiese drankies en tabak, sowel as behuising, en water en elektrisiteit. Sone 1, die noorde en die noordooste, het die hoogste inflasie gehad op 6,1 persent terwyl Sone 2, die Khomas-streek, effe laer ingekom het op 5,2 persent en Sone 3, die suide en Erongo en Omaheke, nog laer op 4,6 persent.