Netumbo besoek Angola oor grens-kwessies

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah het besoek aan Angola afgelê waar sy met haar eweknie, Teté António, vergader het. Die lande se grens het onder die loep gekom. Daar is vroeër berig dat van die boere in die suide van Angola ongelukkig is oor die Namibiese boere wat hul bees in die buurland laat wei. Die kwessie is bespreek en daar is ooreengekom om te werk aan ‘n vreedsame naasbestaan. Die nakoming van regulasies en wette is ook weer beklemtoon. Die twee ministers het verder die behoefte aan die bewaring van beskermde natuurlike reservate herhaal, soos die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied en vra dat die boere wat onwettig strukture op Angolese grondgebied opgerig het, dit moet verwyder.