Sensus tot Augustus 2022 uitgestel

Die Namibië Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2021 Bevolking en Behuisingsensus wat vir Augustus 2021 geskeduleer was, tot Augustus volgende jaar uitgestel is. Die statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het in ‘mediaverklaring gesê die uitstel is weens mededingende prioriteite soos die huidige Covid-pandemie. Hy het gesê die huishoudelike deel van die sensus is afgehandel en hulle is besig om die sensus van besighede en instansies af te handel.