Geen gevalle van plundery in Wes-Kaap

Die Wes-Kaap se provinsiale noodrampbestuursentrum het bevestig dat vanaf vanoggend daar geen bevestigde voorvalle van plundery in enige streek van die provinsie aangemeld is nie. Daar was ‘n berig van taxi-verwante geweld op die N2, maar geen ander voorvalle is aangemeld nie. Die woordvoerder van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, James Brent-Styan het gesê hulle is verheug dat daar nog geen plundery in die Wes-Kaap is nie en gemeenskappe kalm is.