Wes-Kaap wil wyn en drank aanlyn verkoop

Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om toe te laat dat wyn en drank aanlyn verkoop en per afleweringsdiens by kliënte se huise afgelewer word. Meyer sê in ‘n verklaring hierdie aanpassing van vlak 4 sal in ooreenstemming wees met die verbod op byeenkomste terwyl dit ‘n minimale uitwerking op alkoholverkope sal hê. Meyer sê die wynbedryf is ‘n noodsaaklike faktor in die Wes-Kaap se ekonomiese herstel. Dit is ook ‘n belangrike bron van werkskepping in die provinsie.